Twee jaar gelede was Emily Covington ’n dwelmverslaafde. Intussen was sy ’n jaar lank in ’n rehabilitasiesentrum en sedertdien gebruik sy nou al vir ’n hele jaar lank glad nie dwelms nie. Tog sukkel haar gesin steeds om haar te vertrou en is haar ma voortdurend bekommerd dat sy ’n terugslag sal hê. Na alles wat gebeur het terwyl sy aan dwelms verslaaf was, moet sy haarself nou bewys. Wanneer Emily en Lance ‘n tuisgemaakte bom onder Emily se kar kry, en sy uitvind dat een van haar vriende se vrou...