Op ’n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook ’n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na ’n belowende toekoms. Dan ruk...
Toe Jak Stapelberg die pos van hoofbestuurder van die Sonderkloof-goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees. Hy is te jonk en boonop beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies nie. Sy vermoede word bevestig toe Manfred Steyner sy voorwaarde stel: Jak moet doen wat hy vra, sonder teenspraak. En Jak stem in, want dié kans gaan nie gou weer verbykom nie. As hy net eers die werk het, kan hy Manfred se opdrag mos weier. Nie Jak óf Manfred het rekening gehou met die eintlike magte...
Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang jagtog terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende geslag kinders wat moeilikheid vir die Courtney-familie voorspel, en – bowenal – Ruth Friedman. Ruth slaan sy voete skoon onder hom uit. Vurig, jonk en… ’n ander man se vrou. Boonop raak haar man Sean se boesemvriend en beskermling in die oorlog! Die magte van die noodlot voer Sean telkens van hoop tot wanhoop,...
Die Eerste Wêreldoorlog gooi Sean Courtney en die skerpskutter Mark Anders se lot saam toe hulle in die loopgrawe in Frankryk ontmoet. In ’n ongerepte wildernis in Suid-Afrika bereik Mark se verterende liefde vir die eiesinnige Storm Courtney ’n hoogtepunt, terwyl sy bloedige stryd met Sean se vervreemde seun, Dirk, op die spits gedryf word. Wildernis is die vertaling van A Sparrow Falls, die derde boek in die gewilde Courtney-trilogie.
Поколения семьи Кортни прошли долгий путь от глубин золотых приисков до вершины власти. Они считают, что красная, как кровь, земля Южной Африки по праву принадлежит им, и готовы бороться за нее до конца. Шаса Кортни, влиятельный человек и владелец огромного состояния, решает поступиться своими принципами во имя объединения страны и заключает союз со своим сводным братом Манфредом, хотя их вражда, вспыхнувшая еще в юные годы, никуда не делась. Но иногда ради благой цели можно забыть о давней...