Dis stiller, veiliger … en verveliger? Onwillige Voortrekkers is wat Fred de Vries die 21ste eeuse Afrikaners noem wat hulle oorsee gevestig het. Hoe ervaar hulle die lewe in Perth of Melbourne? Is dit nie net sissies of verraaiers wat die hasepad kies nie? Fred gesels o.a. met die Claassens, die De Villierse van Fremantle en Frikkie Kotzé wat Potch vir Perth verruil het. In Melbourne kuier hy by die filosoof Johann Rossouw, wat uiteindelik tog huistoe kom. Aangrypend.
Wie is die Afrikaner vandag? Met ’n tas vol vrae reis die joernalis Fred de Vries van Orania na Pretoria om met uiteenlopende Afrikaners te praat: politici (FW de Klerk, Pieter Mulder), musieksterre (Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Fokofpolisiekar), sakemanne (Jannie Mouton), skrywers (Koos Kombuis, Antjie Krog) en selfs ’n vakbondleier ( Flip Buys) kom aan die woord. Hy ontmoet ook talle gewone Afrikaners – boere, polisielede en onderwysers – wat iets van die Afrikaner se psige aan hom verklap....