Wanneer ingenieur Salomé Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salomé is, is net so gemaklik in ’n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen, se dansskool dra. Malan moet haar nie onderskat bloot omdat sy ’n vrou is nie. Maar dit voel asof die perfeksionistiese Malan, ’n bekroonde argitek én ingenieur, alewig op die bouperseel rondhang...
Lisa het Karoo toe gekom om haar vriendin Tillie deur ’n moeilike swangerskap by te staan. Dis al. Sy hou niks van die stowwerige Karoo nie, en sy’t allermins hierheen gekom op soek na ’n man – sy’t immers onlangs eers ontslae geraak van haar vatterige verloofde. Tillie se buurman en haar man se groot vriend, Kallie, is ’n buffel en glad nie haar tipe nie. En tog . . . Wanneer Kallie ’n krisis deurmaak en baie buitengewone hulp van Lisa nodig het, stem sy in, suiwer ter wille van sy skatlike...
Alex was Amber se hoërskool-crush. Dié ouer broer van haar vriendin Mandie was egter ver buite haar bereik, en in elk geval: “Pasop vir mooi mans,” só het Amber se hartseer ma haar geleer. Nou, jare later, is Alex weer in die prentjie. As Amber geweet het hy is op pad terug Suid-Afrika toe, sou sy nie as sy broer Kobus se au pair begin werk het nie. Sy moet saam met Mandie en albei haar broers op vakansie gaan, en het te kampe met Alex se sjarme – maar genade, die man kan ook ’n buffel...
Karli en Henk was aanvanklik beste maats toe sy by hom ’n kamer gehuur het. Maar skielik het hy stringe meisies begin huis toe bring, en boonop het hy en Karli stry gekry omdat hy rojaal leef en Karli gewoond is aan versigtig wees. Sy het uitgetrek en self ’n aanhangsel gekry, maar die naweek in Golden Gate was lankal beplan. Nou moet Henk se nuutste meisie, Anchen, en Karli se vatterige Maritz noodgedwonge saam op die naweek. Van die eerste sekonde maak alles wat Anchen en Maritz doen Karli...
Narkotiseur Leandra hoop net een ding oor die nuwe ortopediese chirurg, en dis dat hy nié een van die moeilike soort sal wees wat almal in teater verskree nie. Sy’t nie kon droom dat hy haar dadelik so sal boei nie – haar hande jeuk behoorlik om die vreemdeling te teken toe sy hom die eerste keer in die hysbak sien. Maar o wee! Toe moet sy ontdek dis einste dokter Dieter Erlank, dié mooie man in die hysbak, wat vanoggend haar parkeerplek gegaps het, en hy’t haar gehoor toe sy agterna die...
Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir dokter Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg. Altans, eers nadat sy als wat sy kán by hom geleer het. Natasja wil nie muisneste in haar kop ronddra terwyl sy spesialiseer nie. Sy sukkel egter om die beeld van hom, sopnat in die reën met die wit hemp wat elke spier op sy breë bors ten toon stel, uit haar geheue te verban. Wie is al die vrouens in Hugo se lewe? Cassandra...
Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red. Leonardo weet dat hy moet wegbly...