In Dokter van ver ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Sy en haar ouers word dan ook sommer na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi. Tydens hul besoek ontmoet sy Giulio se sjarmante broer, asook die pragtige jong rykmanserfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár. In Yskoue, vuurwarm liefde vertrek Sandra Botes as skeepsdokter na Antarktika om weg te kom van iemand se onwelkome aandag. Sy ontmoet vir...
Heler van skade: Lucinda O’Neill word ’n pos as pediater by die Wynland-kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied en dit bring ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n siviele ingenieur, wie se seun tydens ’n werkskontrak in Afrika ’n tropiese siekte opgedoen het. Wanneer hy die seuntjie na die kliniek bring, maak dit ’n groter impak op Lucinda se lewe as wat sy ooit kon voorsien het. En intussen maak die...
In Droomdokter moet vroedvrou Mila Mouton haar Aktiewe Geboorte-eenheid se deure sluit, en dit blyk dat haar aantreklike buurman by dié besluit betrokke is. In In jou hande lê Michelle Judson ná ’n motorongeluk hulpeloos in ’n hospitaal. Al ligpunt is die deernisvolle ortopediese chirurg Douw Hefer. In Liefde op Jannasbaai word dokter Elmo Kasselman se lewe omvergegooi toe ’n onbekende meisie wat haar sig én geheue weens ’n ongeluk verloor het in sy kliniek beland.