In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss ’n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy ’n meisie sy liefde bied as hy steeds ’n “optelkind” is wat nie weet wie sy ouers is nie? Aan die einde van die reënboog vertel die opwindende verhaal van Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, wat die onstuimige Boererepublieke besoek om...
In Eiland van geheime beland kinderoppasser Marné op Flaminke-eiland. Dis ’n eiland vol tergende geheime, maar ook liefdesmoontlikhede, want sy moet kies tussen twee interessante mans.In Reënboog van jou hart is Lanja ontnugter deur die liefde. Dan ontmoet sy die skugter argitek Rosseau, en hulle word dadelik vriende. Maar wat voer sy besonder aantreklike broer, Benno, in die mou? Is hy die gewetenlose rokjagter wat almal sê hy is? En in Bittersoet verlange dring Leandri se ryk ouma daarop aan...
Die verhale in hierdie omnibus is: Drome van liefde: Rondom die verbreking van Sanet se verlowing met Nardus is daar ’n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sal nooit weer ’n ernstige verhouding met enige man aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius, ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug. Êrens is daar liefde: Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar sê wat sy van is nie? En wat wil hy van haar hê as hy so...
In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe...
Vuur van verlange: Lizelle vlug na ’n klein Vrystaatse dorpie waar niemand weet dat sy die erfgenaam van die skatryk staalkoning Paul Durandt is nie. Nie minder nie as drie mans gee haar hier nuwe kopsorge, en boonop begin haar pa se sakeryk te wankel. Te jonk vir liefde: Die mooi Leana, pas gekwalifiseerd as musiekonderwyseres, ontvan ’n brief wat haar lewe ’n dramatiese nuwe wending laat neem. En wanneer sy die minste daarop voorbereid is, moet sy tussen twee hubare mans kies. Wanneer die...
In Môre bring ’n nuwe daeraad kry Lelani Wessels ’n uitnodiging na Huis Daeraad op Stadlerheim wat bewoon word deur Roland Stadler – die donker man met die geletselde gelaat wat hom voorgeneem het om nooit weer lief te hê nie. Maar op ’n dag raak hy aan Lelani se hand en hulle besef albei dat niks ooit weer dieselfde kan wees nie . . . In Gevangene van gister is Elfie se pa en Yolande se ma skielik getroud en oorsee vir hulle wittebroodsdae. Elfie en Yolande gaan intussen op Helderwater vertoef....
Beminde vreemdeling: Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en dié se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd geniet. Maar daar aangekom, ontdek Wiandri ’n vreemdeling bly ook nou op Groeneweide – die stroewe, dommerige nutsman Floors, van wie sy dadelik net mooi niks hou nie . . ....
In Lokstem van die liefde spat Louise Barnard se wêreld aan skerwe wanneer sy besef dat Eben Griesel nie van plan is om met haar te trou nie – hy wil bloot hê dat hulle moet saambly. Sy gee pad uit Johannesburg na die huis wat haar ma van tant Ragie de la Rey op Rheedersdorp geërf het. Maar Louise het nie rekening gehou met die breedgeskouerde ingenieur Lafras de la Rey nie. In Die liefde oorwin moet student Ilse Brink ‘n manier vind om vir haar behoeftige ouers op die plaas te sorg. Die idee...
Anderkant môre wag geluk: ‘n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou. Sy aanvaar ‘n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder haar kom oplaai plaas toe, ontketen sy onwetend ‘n hele kettingreaksie van afguns, konkelary en misverstand. Lise Kirsten se geaardheid bring sonskyn aan al die inwoners van Heimat – almal behalwe die...
In Bloeisels in die wind ontmoet Sonja die aantreklike Arno Landman. Maar hoe ken haar ouma Hannah dié man, en hoekom reageer sy so geskok op die blote noem van sy naam? Spoedig leer Sonja dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie. In Winter van heimwee word Hermien du Preez verwyt vir die dood van haar kleinboet Jacques. Dié las kan Hermien nog dra, maar dan betrap sy haar stiefma in ’n warm omhelsing met ’n onbekende vreemdeling, terwyl haar vader weg is op...