Xante Knobel is ’n fotograaf wat dit haat dat mense na haar kyk. En sy sukkel regtig om die Kaapse mense te verstaan. Hulle is so ánders as die Namibiërs. Faan Viljoen is ’n argitek met ‘n passie vir bekostigbare behuising. Hy is ook die pa van ’n dogtertjie wat graag ‘n model wil word – iets wat vir hom heeltemal onaanvaarbaar is. Die dogtertjie se ma, sy eks, was immers ’n model, en kyk waarop het dít uitgeloop…In ’n Kaapse township, tydens ’n fotosessie van Faan Viljoen se behuisingsprojek,...