"Elise Veldman, die beeldskone, vurige rooikoponderwyseres van Sonnerus, se liefde vir Armand van Rijn is besig om haar te verteer. Sy wou hom nie liefkry nie, het al trouens alles probeer om haar gevoel vir die aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, Die Wilgers, dood te smoor. Sy word verder getreiter deur sy reputasie as ’n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer, net vir eie afleiding en nooit omdat hy ernstig is nie. Elise is egter die een wat sy hart steel, maar sy...
Miljoenêrsdogter Alta van Eden besluit om ʼn verpleegster te word ná haar pa in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was. Wanneer sy oom Petrus Conradie op Saaiplaas gaan verpleeg, leer sy ook sy kinders ken – en dít is nie altyd aangenaam nie. En oom Petrus se testament bevat ʼn eienaardige bepaling wat vir Alta baie pyn, maar ook uiteindelik ongekende vreugde meebring.
Rina Verhoef het pas haar onderwysstudie voltooi en vertrek op ʼn reis na Lissabon. Rina het ʼn wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat.
Dokter Elaine Enslin hoor die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê… maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie.
In Rista ontmoet die hoofkarakter vir Pieter, ’n prokureur wat op haar verlief raak. Sy voel egter nie dieselfde oor hom nie, en hy probeer selfmoord pleeg. Pieter se broer Chris sweer dadelik wraak teen die meisie wat vir sy broer se ongeluk verantwoordelik is. Maar dan raak ook hý verlief op Rista.In Die eerste skakel raak Tobie verlief op die skone Amanda. Daar is net een groot probleem, en dis dat die pragtige Amanda verlief en verloof is aan Vic, ’n aspirant-predikant . . . En in Die...
Die groot legkaart, waarin Tina Eksteen se kortstondige maar idillies gelukkige huwelik beëindig word en sy boonop van haar pasgebore seuntjie beroof word. Maar net toe dit lyk of die noodlot haar opnuut wil teister, begin die stukkies van die legkaart uiteindelik pas . . . Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in ’n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy ’n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . én ware liefde. En Winde van...
In Soos ʼn silwer droom het Rina Verhoef pas haar onderwysstudie voltooi en vertrek op ʼn reis na Lissabon. Rina het ʼn wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat. In Ver bo korale hoor dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin...
In Waar die frangipani bloei is die streng, tradisievaste Portugese Edelman die Duque Diago de Velira Cervantes in beheer op die rustige dorpie Braco aan die kus van Afrika. Niemand op die dorpie sal ooit droom om teen die wense en begeertes of instruksies van dié adellike hertog te handel nie. Tot die beeldskone, moderne Ronelle Dekker haar vader op Braco besoek. Heel gou kom Ronelle tot die ontdekking dat haar moderne lewensuitkyk en haar moderne kleredrag reëlreg indruis teen die streng,...
Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoenêr-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar dié goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in ’n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espiño raak hartstog egter ’n vlam wat ’n vlinder se vlerkies kan skroei . . .Son op die horison: Kort ná haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in ’n motorongeluk. Haar...