Lexi het ‘n hele paar probleme teen die tyd dat sy Johannesburg verruil om eetplek Sabina’s op Simonsrivier te begin. Daar is die regsgeding teen haar gewese vennoot, haar peperduur prokureur met die blink kantoor in die hartjie van Sandton en háár Eric wat twee jaar gelede die pad gevat het, ‘n maand later sy trouvrou ontmoet het en Lexi met ‘n groot Eric-vormige gat in haar hart gelaat het. Boonop het sy twee selibate jare agter die rug – en dít kan nogal impak hê op ‘n vrou se positiewe...