Mia Bindemann skryf vir ’n lewe. Maar anders as wat sy graag wil, skryf sy nie artikels of nuusberigte nie. Sy skryf sepie-opsomminkies vir Nuusweek se TV-gids. Dan kry sy haar kans: Nuusweek stuur haar na Bahrein, ’n eksotiese woestyneiland in die Midde-Ooste, ’n plek bekend as die Tuin van Eden. Sy moet ’n artikel gaan skryf oor ’n bomontploffing op ’n veerboot waarin baie Suid-Afrikaners dood is. Maar dit kan nie sommer enige artikel wees nie, waarsku Grethe haar vooraf. Sy moet ’n scoop kry...
Andi Niemand is op die punt om die groot 30 te slaan – en het, so voel dit haar, nog weinig bereik. Wat het van die plan geword om vir Sarie te skryf? Of om haar doelgewig te bereik? En waar is die held wat veronderstel is om aan haar sy te staan? Nee, sy werk nog steeds vir die poniekoerant Pers, is so single as kan kom en kan nie eers van soetgoed wegbly ter wille van haar vriendin se troue nie – die troue waarop sy strooimeisie moet wees. Wanneer Andi die groot scoop kry oor Jack Greeff,...