In Die Suidwestertjie ken Sarie Wessels net die sonkant van die lewe – tot daardie onheilsdag dat die lot juis háár tref om Blouwildebees, oftewel grootbaas Hugo Kritzinger, se sekretaresse af te los. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef . . . Tuis duik ʼn onverwagte penarie in Hugo se lewe op. Hy huisves sy broer, Paul, en dié se twee kleuters terwyl hul ma ʼn rugoperasie ondergaan, maar blindedermontsteking stel sy huishoudster ʼn maand lank buite aksie. Wat nou gedaan? Sarie, die...
In Liefde per dosyn moet musiekonderwyseres Christa van Graan teen haar sin op ʼn afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is hy steeds so ʼn gemene buffel? In Waar die Suiderkruis hang pak agtienjarige weesmeisie Katrien Kruger die lang, gevaarlike pad Duitswes toe saam met die Liebenberg-gesin aan. Vandat sy vir hulle begin...