In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Maar Danien Fouché het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet. In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Niemand het nog die gebeure van sewe jaar gelede vergeet nie en Zach Dijzel het verdwyn. Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Maar daar is ’n geheimsinnige windspoor wat na hom toe lei nie…
“Want die liefde wonder nie – dit wéét.” Die soete dwaling: Dr. Daïrus Deetlefs se ma probeer om sy lewe – en ’n huwelik met Martine – vir hom te reël. Hy vlug na Londen en sy ouers kan dit nie begryp nie. Daar ontmoet hy iemand uit sy verlede: die misterieuse Sylvia Saunders. Seisoen van die skimmelson: Madel studeer sang in Beiere en moet haar jeugliefde agterlaat. Net tydelik, so glo sy. Sy besef egter mettertyd dat sommige besluite jou oor ’n afgrond kan stuur. Anderkant die vloedwaters: Dr....
In dié opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Dié 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.
Een Sondagmiddag in die herfs van 1918 kom ’n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmus-familie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie sê waar hy vandaan kom nie. En dié wat weet, wil nie praat nie. So bly dit vir twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Want hoe kan mens iemand wees as jy nie weet waar jy vandaan kom nie? Nie eers die buurdogter Carijn den Hagen, wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom...
’n Omnibus wat twee romans, ’n novelle en ’n paar kortverhale insluit. Soos altyd fokus hierdie gewilde liefdesverhaalskrywer op die verhoudings tussen mense. In ’n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert en haar seuntjie uit Griekeland terug na haar geboortedorp in die Vrystaat. Sal die konserwatiewe dorpsmense Marina ooit vergewe vir die fout wat sy jare gelede begaan het? In Lelie van die Laagte sorg Mia Dijkstra (‘n jong predikant) ten spyte van haar skraps besoldiging vir haar suster, Karien....
Twee van Helene de Kock se gewildste wynlandverhale: 'n Kind vir vier oude Vrinde is 'n liefdesroman wat lees soos 'n speurverhaal. Die legende van die baba wat eeue gelede een nag op die drumpel van die ou opstal gevind is, herleef wanneer die pragtige erfgenaam, Isabel Verwey, een stormagtige nag wakker word en 'n baba by haar deur kry … Wie het die baba daar gelos? En met watter geheime leef Isabel self saam? Volmaakte versnit is die verhaal van 'n vrou wat in haar...
Hierdie omnibus sluit in die gewilde Abel se dogters , ’n 3-delige familiesage, asook een van die skrywer se wynlandromans, Soetwyn vir ’n Sondagkind. In eersgenoemde roman wat afspeel op ’n Oos-Vrystaatse plaas smag Abel Buitendag se drie dogters na meer warmte. Sedert hul ma se dood klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hulle vas. ’n Menslike familiesage wat met deernis en humor...