Twee jaar gelede was Lukas die onweerstaanbare dosent wat Leila se hart gebreek het. Sy was naïef en onervare genoeg om in sy bed te beland en die reëls van die spel tussen hulle verkeerd te verstaan. Vandag is sy ’n sterker, wyser vrou, en van Lukas het sy al amper vergeet, baie dankie. So iets sal nie weer met haar hart gebeur nie. Tot sy in haar nuwe werkplek instap en sien die meneer Strauss wat haar nuwe baas moet word, is inderwaarheid niemand anders nie as einste Lukas, die man wat...