Toe suster Wida Storm hoor dat dokter Eugene Maritz iemand benodig om sy bejaarde ma tuis te versorg, gryp sy die geleentheid aan. Sy wil lankal haar eie tuisverplegingpraktyk begin en dié werk sal haar die nodige ondervinding gee. Maar Wida kom gou agter dat als in dié familie nie pluis is nie toe sy saam met tannie Olga in Eugene se huis intrek om haar te versorg. Watse hartseer lê in Eugene se verlede? Waarom is daar ’n stremming op sy verhouding met sy ma? Hoekom skerm tannie Olga vir haar...
Sedert die dood van haar ma aan kanker, toe Madelie Botma nog maar ’n kind was, het sy ’n vrees vir dokters en hospitale. Toe dokter Ian Duvenhage by haar klaskamer inbars om sy broerskind, Handré, te ondersoek, is juffrou Botma dus hewig ontsteld. Dit blyk dat Handré tydelik by sy oom bly omdat daar komplikasies met sy ma se swangerskap is, maar die man weet duidelik minder as niks van kinders en Madelie moet teësinnig ingryp. Sal die aantreklike Ian haar skanse kan afbreek en haar help om...