Alana de Koker het die Kaap vir die Goudstad verruil om oor te begin. Sy wil haar aandag uitsluitlik toespits op haar nuwe werk in die trauma-eenheid. Sy móét hard en voortdurend werk, nuwe uitdagings aanvaar en bemeester: enigiets om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy ’n bekende stem agter een van die gordyne by ongevalle. Op die bed lê die laaste persoon op aarde wat sy wou sien. Braam Smit is steeds so aantreklik op sy sorgelose manier. Na vyf jaar moet sy haarself steeds herinner...
Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta te wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om 'n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar nou is alles anders. Ná wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tyd om weg te kom. Dalk sal sy dan regtig...
Stefan vry graag in die bondel. Hy is definitief nie 'n ou vir commitment nie. Maar sy suster se vriendin, Ciska, is nie soos ander meisies nie. Haar rooi hare is net so rebels soos sy en as sy vir hom kyk, kry hy 'n snaakse pyn oor sy hart. As ʼn dokter hom sou vra, sou hy moes erken hy het hierdie gevoel al van Desember af toe Ciska Rossouw in sy lewe ingestap het. Maar vir die rekord: Hy is nie verlief nie en hy sal ook nooit verlief raak nie. Ciska wil nooit van 'n man...
Lisa is klaar met Thomas se leuens. Vir drie jaar was hulle smoorverlief – maar dit was voordat hy hom aan dwelms oorgegee het en nou is háár lewe ’n totale gemors. By die Elizabeth Galloway Akademie vir modeontwerp in Stellenbosch probeer Lisa ’n nuwe lewe begin, maar hoe kan sy vlug van die donker geheim wat sy met haar saamgesleep het? Wanneer sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare groen oë, raakloop, word dinge nog meer gekompliseerd. Sy kan beslis nie nou by iemand betrokke raak nie....