Elmien en Riekert is sedert hul tienerjare onafskeidbaar. Maar Riekert het nog nooit enige tekens van romantiese toenadering getoon nie. Dan daag hy onverwags met groot nuus by Elmien se voordeur op – hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, te laat besef hy moet iets doen om haar aandag te trek en in die proses slegs haar inkopielys in die hande gekry. Sy droomvrou blyk ’n interessante en avontuurlustige vrou te wees – die lysie bevat immers allerlei unieke items. Elmien moet nou...