Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie. ’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar...
John Barklin wil ’n nuwe begin vir hom en die plaaslike Maasai maak met sy safarikamp by Ngaro Sero. Hy loop egter met ’n woede in hom rond oor die pa wat hom grootgemaak het maar nooit hulle bloedband erken het nie. En daar is diégene wat sy bewaringsplanne as ’n bedreiging sien. Gretchen Schmidt, ’n fotograaf uit Oos-Duitsland, kom na Ngaro Sero om die man te sien wat indirek haar dogter se dood veroorsaak het. Maar sy vlug ook van haar nagmerrie-verlede in Oos-Berlyn.