'n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Dié boek is vir hierdie soekendes. Die bekende teoloog Julian Müller onderskei tussen wat hy 'n Sondag-geloof noem en «geloof anderkant Sondag». Waar 'n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reëls en vaste kerklike gebruike...
"Ek skryf die boek vir mense soos ek, mense vir wie geloof nie altyd maklik kom nie en wie beslis nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie . . ." Met dié woorde skop die teoloog Julian Müller die verhaal van sy geloofsreis af. Sy sketse van die plaasseun wat dominee geword het, roep dadelik 'n bekende Afrikaanse leefwêreld op. Sy reis hou vir hom vele ontnugterings in, maar ook belangrike insigte wat sy geloof verdiep. As jong predikant vra hy kritiese vrae oor die kerk se rol...