Aangrypende gedigte deur ’n fyn woordkunstenaar. Hierdie Hertzogpryswenner se nuwe bundel is ’n hoogtepunt in sy oeuvre. Die gedigte bied ’n deurlopende gesprek met ’n wyer wêreld – ook insigte in daardie wêreld: die mens, die natuur, die kunste, literatuur, filosofie. Die gedigte is toeganklik, eerlik, menslik, maar die ruwe werklikhede van ons bestaan word nooit gekamoefleer of ontken nie. ’n Bundel met emosionele en dikwels ook liriese krag, die kenmerk daarvan as ’t ware “’n stilte, ’n...
Hierdie bundel is ’n boeiende, onverskrokke verkenning van gay-liefde. Daar word onder meer gefokus op die verhouding tussen die erotiese en die religieuse; seksualiteit word metafoor vir die oorgee van die liggaam as offer, maar terseldertyd as die ervaring wat ’n verlossing bewerkstellig. Vleiswond sê baie oor die menslike ervaring van liefdesontrou, die besef van tydelikheid en verganklikheid en die verhaal van liefde-in-doodloopstrate.
Hierdie bekende digter se eerste bundel in byna 13 jaar is ’n belangwekkende gebeurtenis wat menige poësieliefhebber sal laat regop sit. Baie van die gedigte is oor kenmerkende De Lange-temas en onderwerpe (die homoërotiek, dwelmgebruik, die skryfkuns) en die deurlopende tematiek van nood word met verrassende skakerings oorgedra, ’n boeiende kaleidoskoop van fasette van die menslike nood, angs en weemoed. Die gedigte is poëties onopgesmuk, met ’n deurleefde deernis met die mens en sy emosionele...