This drama, a lyrical and dreamy but at the same time searingly painful piece about reminiscence and injustice, was written in 1978, in the heyday of apartheid and two years after the Soweto uprising. It has been staged several times, but this is the first time it has been published. It is essentially a piece of resistance theatre, but its artistic strength and lasting relevance lie in the way it demonstrates how painfully intimate resistance and loyalty are entangled. The Orange Earth is...
Hierdie keur uit al ses digbundels van Adam Small gee ’n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar my kruis en Sê Sjibbolet. Die keur weerspieël deurgaans Small se meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse werkersklasmense. Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy...
Dié drama, ’n liries en droomagtige maar tegelyk ook skreiend pynlike stuk oor herinnering en ongeregtigheid, is reeds in 1978 geskryf, in die hoogbloei van apartheid en twee jaar ná die Soweto-opstand. Dit is etlike kere opgevoer, maar word nou die eerste keer gepubliseer. Dit is in wese ’n versetdrama, maar die artistieke krag en durende relevansie daarvan lê in die wyse waarop dit wys hoe pynlik intiem verset en lojaliteit verstrengel is. Goree word gesien as Small se mees persoonlike...
Na sewe jaar word ’n gevreesde bendeleier Map Jacobs op parool uit die tronk vrygelaat en op almal se lippe is die vraag, het Map verander of is hy steeds die ou Map? Die drama speel hom af na die gedwonge verskuiwings vanuit die Kaap na die vlaktes. Dit gee die leser ’n blik op die leefwyses van die ontworteldes, hul lief en leed en sommige se desperate hunkering na ’n beter bestaan.
Ná veertig jaar is daar weer ’n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Ná Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en ná sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword. Daar was altyd die vermoede dat hierdie stilte grootliks toegeskryf kon word aan die verwerping wat hy aan die hand van taalgenote ervaar het. Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy...