Hoe moet dit voel om vir maande, selfs jare, van jou familie geskei te wees en geen idee te hê of jy jou plaas en jou land ooit weer sal sien nie? Nadat hy in die Brandwaterkom gevange geneem is, is veldkornet Charles von Maltitz in die Groenpunt- en Simonstad-krygsgevangenekamp en later in Trichinopoly in Indië aangehou. Sy lot was soortgelyk aan dié van duisende ander burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog na kampe op St. Helena, Ceylon, Bermuda en elders gestuur is. Sy dagboek, nou vir...