Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar o waar in die wêreld is die Pomona Spur – en hoekom sal jy nooit jou vyfjarige se verjaardagpartytjie daar wil hou nie? Sedert hy enkele jare gelede die SA komediewêreld betree het, het Schalk blitsig ’n ikoniese figuur geraak. Hy’t al vir Trevor Noah geopen, hy was die skattige Danny in die kykNET-reeks Hotel, die uiters gewilde aanbieder...