’n Wêreld sonder grense is ’n bundel aaneenskakelende kortverhale, almal onderdele van ’n oorlogverhaal wat met seldsame ekonomie vertel word. Dit is ’n genadelose boek oor ’n brutale bosoorlog; oor ’n naamlose jong seun wat soldaat word deur ’n reeks inisiasies in geweld. Algaande word die veilige wêreld agtergelaat, totdat daar nog net die grense bestaan wat deur die grensloses vir hulself versin word.
Dwaalpoort is ’n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar. Dit is ’n ongemaklike saambestaan...
1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se «binnekamer». In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970's in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Operateurs sweet in vliegtuie of in duikbote diep onder die see. Hulle trotseer in die nagdonker riviere vol krokodille. Recces plaas springstof in 'n tonnel diep in vyandelike gebied en omskep 'n groot...
1 Recce: Behind Enemy Lines takes the reader into the 'inner sanctum' of one of the sharpest, most versatile and deadliest specialist units in the former South African Defence Force. In their own words, Recce operators recount some of the life-threatening operations they conducted under great secrecy in Angola, Rhodesia and Mozambique during the late 1970s. Operators sweat in aircraft or in submarines deep below the ocean's surface. They brave crocodile-infested rivers in the dark...
1 Recce. One of the sharpest, most versatile and deadliest specialist units in the South African Defence Force. These men – superfit and unbelievably tough – were dauntless. Time and again they put their lives on the line in covert operations that were mostly conducted under the cover of night, far behind enemy lines. For decades, the participants have kept silent about these secret missions. Now, for the first time, the Recces' legendary commanders reveal details about their many...
1 Recce. Een van die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenhede in die Suid-Afrikaanse Weermag. Dié manne – superfiks en bomenslik taai – het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewe op die spel geplaas in geheime operasies, wat meestal in die nag, ver agter vyandelike linies uitgevoer is. Dekades lank is oor dié geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recces se legendariese bevelvoerders besonderhede oor verskeie polities sensitiewe operasies....
Bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Sy is dikwels in die begraafplaas. Dit is waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Veral naby die Brandwaterkom te wees, want dit is waar kommandant Fanie Vilonel in die Anglo-Boereoorlog die oorgawe van meer as...