Die nag van legio is Du Plessis se debuutdrama. Die karakters in die drama is almal geestelik versteurd en die handeling word in een nag voltrek. Hierdie drama besorg aan hom die W.A. Hofmeyr-prys in 1970 en die Hertzogprys in 1972.
Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor ’n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net ’n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei ’n tent soos ’n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeët sien van ’n man wat oor die klawerbord van ’n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van ’n...
Onder die storievertellers is PG du Plessis ’n gerekende en bekende. Nie net op die TV of van die verhoog af nie, maar ook in koerantrubrieke en in die bundels wat reeds in boekvorm verskyn het. Baie van die stories is oorgewerk vir die TV en het in ‘n ander medium gestalte gekry (soos die onsterflike reeks Koöperasie-stories). Het olifante elmboë en Neklis, twee van sy vroegste kort-kortverhaalbundels, gaan nou onder ’n nuwe titel gesamentlik (en met nuwe verhale bygeskryf) ’n heruitgawe...