Die oorskot van ’n verminkte vierjarige word in die vroeë oggendure in ’n Frutti Tutti-roomyskarretjie in Harrismith ontdek. Kaptein Brummels besluit oornag om Parkwegstasie se bulhond, Sollie Mtembu, saam te sleep om ’n oudkollega van hom met die ondersoek te help. Sollie lyk dalk na ’n onervare sersant wat dikwels oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie. Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang.
Bloemfonteinse speurder Sollie Mtembu lê snags wakker. Sy vrou se ambisies is lankal besig om vinniger as sy salaris te groei. En by Parkwegstasie sien niemand hom raak nie. In Oktober word Tillman Wagenaar, welgestelde boer en ’n ou vriend van die polisiekommisaris, in ’n lokval gelei. Twee dae later word hy deur sy familie as vermis aangemeld en Sollie word gestuur om die “verdwyning” verder te ondersoek. Maar kort ná hy op Rhynveld arriveer, is daar ’n noodlottige aanval op Onverwacht, die...