Ná amper 10 jaar se wegsteek en regpraat is genoeg genoeg, besluit Talia. Die man moet gaan. Maar binne ’n jaar besef sy dit is makliker om te skei as om klaar te kry. Sente tel, ’n vuil kombuis en eensame staptogte in die plattelandse stof is die belonings vir haar egskeiding. Om nie te praat van haar lus vir die lewe wat êrens langs die pad in die stof gebyt het nie. Maar net toe Talia besluit dat boedel oorgee en asemhaal genoeg is, slaan een van haar skoliere se storie haar wind uit....
’n Welder, ’n sjef, ’n finansiële bestuurder en ’n fortuinverteller saam op die lang pad met ’n boks human remains…Om die as te strooi van ’n vriendin wat lank vooraf geweet het sy gaan doodgaan, is nie speletjies nie. Janine het gans te veel tyd gehad vir plannetjies maak en leidrade wegsteek vir hierdie laaste avontuur wat sy in as-vorm meemaak. Haar vier mede-avonturiers moet in ’n begraafplaas ronddrentel, die misterieuse Miskloof soek en teen kloktorings opklouter, om nie te praat nie van...
Anderkant die spieël is ’n storie vir elke vrou wat al gewens het sy kon die rotte in haar kombuis (en huwelik) met ’n .22 wegblaas, en wat vingeralleen ’n Black Forest-koek kan opeet. Vir elke vrou wat al op ’n dag besef het sy weet nie meer hoe om by die huis te kom nie. Dit is die storie van Maggie, vertel in ’n vars, brandeerlike stem met die tong stewig in die kies. Sy val deur die hasegat op ’n nuwe dorp waar haar gewapende, aweregse buurvrou haar met ’n verkyker dophou en haar o-so-gawe...