Allegra op Maasdorp is een van die gewildste boeke in die Maasdorp-reeks. Behalwe Kobie Malan, die spil waarom alles gewoonlik draai, maak ons ook kennis met Allegra Bredenkamp, ’n weeskind wat danksy Kobie se pa na Maasdorp kom. Op Maasdorp lyk dit asof Allegra regtig ’n aanleg vir moeilikheid het. Miskien is dit omdat sy so impulsief is, maar veral omdat haar gewese boesemvriendin, Marguerite Beyers, ook nou op Maasdorp is – en die twee kom net nie meer goed oor die weg nie. Om dinge erger te...
In Die jongste meisie in Maasdorpskool het Breggie Landsberg en Heloise Malan boesemvriendinne geword. Nou, in Kobie Regeer, laat Heloise ‘per ongeluk’ haar swak skoolrapport by die treinvenster uitval – weer een van Breggie se skitterende ‘plannetjies’. Die skelmstreek word egter ontdek en die streng mevrou Malan dreig om Ruth, haar ouer dogter, van Maasdorp weg te neem omdat sy nie vir Kobie en Heloise uit die moeilikheid kan hou nie. Kobie neem die dreigement ter harte en besluit dat sy die...
In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolste jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – meer as 75 jaar na die eerste verskyning!Die meisies van Maasorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees...
In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning! Die jongste meisie in Maasdorpskool is die tweede titel in die gewilde Maasdorpreeks. Ná ’n opwindende kwartaal van...
Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê! Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis saam met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die...