Op ’n stil aand, in ’n herehuis langs ’n meer, dans ’n jong vrou in ’n verruklike rooi aandrok met haar werkgewer, Arthur Addington – befoeterde, eens beroemde Amerikaanse draaiboekskrywer en onbeminde eienaar van die Addington-landgoed. Nooit sou Arthur, worstelend met skrywersblok en wroegend oor die dood van sy vrou en kind, kon raai dat sy stralende dansmaat soveel geheime ronddra nie. Dat Anabella Maria Bennett, kortom Ben, g’n huishoudster is nie, maar ’n joernalis en ’n sendelingdogter...
Dié aangrypende verhaal van pyn en genesing ná die dood van twee broers enkele jare ná mekaar word deur hul ma in die derde persoon vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure verkry. Dit verleen ’n meer dramatiese impak aan die gebeure, hoewel dit ’n oormaat rou emosie voorkom. Dit word ’n hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skrywer die wagtyd in ’n trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na ’n vermiste kind op see. Dit lees byna soos fiksie, ’n...
Teen die agtergrond van soutmyne en granietkoppe vertel Droomdelwers die verhaal van twee klein gemeenskappe aan die Weskus, Soutmansvlei en Vlaktevlei. Hier word die lewens van armes en rykes, van wit en bruin, ten nouste verweef . Hier loop uiteenlopende karakters rond, elk met sy eie storie. Soos oom Kêppies sê: “ Hy’s soesie see, soes ’n branner. Voorlat jy hom kan vasvat, sien jy net sy skymstriep oppie sand lê.”. Maar nog voordat die skuim op die sand lê, word die rustige lewensloop van...
Dorkasbaai is ‘n bar en afgesonderde strandplaas aan die Weskus. Ook die mense wat daar woon het bar geword van afsondering, veral Eli van Egeren en sy seuns, Joac en Benjamin. Waarom wil Fransie van Zyl dan haar gemaklike stadsbestaan laat vaar om juis Dorkasbaai toe te gaan? Die antwoord lê verskuil in die blou bladsye van die briewe wat Melissa von Meelis, haar stiefmoeder, nagelaat het. Dáár gaan soek Fransie die sleutel tot haar onverstaanbare dood. En so raak haar lewe verweef met Joac,...
Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir ’n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om ’n ou lieslap te wees. Ek wil ook ’n slag soos ’n million dollar babe voel! En Petrus sal betaal. Hy sal elke sent betaal. En het Petrus betaal? Moenie eens vra nie! Vra eerder: Het Annalise se plan gewerk? En nie net hare nie, want wat van ant Liefie se gespook – ja, letterlik – om haar kamer in Huis Viljoenshof te behou? En Aletta se...
Daar is groot konsternasie by die polisiestasie. Die Kolonel is weg! Skoonveld soos ’n groot speld! Die Kolonel is nie net bekend en bemind nie, hy is ook baie bekwaam. Daar word gesê hy kan diewe en dwelms op ’n afstand uitsnuffel. Sersant Sol en konstabel Bongani sal moet soek, want hulle kan nie hulle werk sonder dié baasspeurder doen nie. Gelukkig word die Kolonel opgespoor en help hy hulle om inbrekers, ’n kaasdief, ’n bankrower, ’n grypdief en dwelmsmokkelaars te vang. Want sien, die...