Sy is van die Valke, die polisie se afdeling vir prioriteitsmisdaad. Lydia Stander. Luitenant Lydia Stander. Toegewyd, gedrewe, slim en, ja, mooi ook. Nie dat enigeen van hierdie eienskappe dit vir haar maklik maak by die werk nie – dis ’n mannewêreld. Sy het egter ook deursettingsvermoë, en dit is deurslaggewend wanneer sy te make kry met ’n reeks moorde wat dalk iets gemeen het: ’n polisieman wat voor sy woonstel in Wonderboom-Suid geskiet is; die lyk van ’n gesiene sakeman in die...