Nege jaar tevore het die vrou haar intrek in die Ruig geneem. Een maal per maand stap sy dorp toe om haar heuning te verkoop; dan trek die vroue wat haar gewaar hul asem skerp in. Sy vergiftig seuntjies, sê die mense. Die merk aan haar keel, dis waar die hiëna haar gebyt het; daarom is sy stom, sê hulle. 'n Gevaarlike vrou is sy; 'n heks; 'n hoer. Mal . . . Nege jaar ná haar aankoms stap sy nog 'n keer dorp toe, dié keer gedryf deur haar werklike bemoeienis, 'n...
Ná haar sterk debuutbundel Die vloedbos sal weer vlieg keer Carina Stander terug met ’n ewe indrukwekkende tweede bundel. Mens en natuur, verval en groei, en boosheid en spiritualiteit vleg hier inmekaar. Natuur en emosie gaan hand aan hand en bly gevang in ’n beleë ewewig, soos byvoorbeeld in haar gedigte oor swangerskap en geboorte waar biologiese groei en artistieke ontwikkeling tot sintese kom.Die digter het die vermoë om betekenis en klank tot ’n eenheid te verwerk. Sy “konfronteer” die...