’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot. Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas...
Die verteller, Maud, sien van kleinsaf dinge wat nie daar is nie. Bedags word sy bloots gery deur «lukrake visioene en snags deur ingewikkelde drome». Wat sy gedeeltelik in hierdie roman verhaal, is niks meer as een van hierdie drome nie, maar sy vertel ook van werklike dinge in haar lewe: moederskap, liefdesverhoudings, periodieke werkloosheid.
In hierdie roman betree die leser weer saam met die eksentrieke Aga en Jesse (met wie ons in Die Neus kennis gemaak het) ’n vreemde wêreld, dié van die amper Amish-agtige sekte in die Oos-Vrystaat. Wanneer Jesse verneem dat die kleinseun van moeder Motle, hoof van die Susters en lewenslange vriendin van haar ouma, vermis en vermoedelik vermoor is, besluit sy en Aga om daar te gaan ondersoek instel. Hulle maak kennis met die groep nonne en die patriargale Volgelinge wat leef volgens die...