Phillip besef algaande dat mense hom met agtervolg. Tot sy buurman het ’n vendetta teen hom, en daar is ’n reuk in sy woonstel wat hom telkens oorweldig . . . ’n Teer, onsentimentele novelle op die geleidelike aftakeling van ’n man wat ly aan skisofrenie. Deur die bekroonde skrywer van Die ryk van die rawe.
En ek is die een met die naam wat al hoe meer mense deesdae reg uitspreek, al vrees ek die skade is reeds gedoen deur die miljoene kere wat ek “Sioebên” genoem is. Dis “Shiwon”, my magtig, dis hoe ’n mens dit sê, met ’n w soos in witwarm-klap-as-jy-weer-my-naam-verkeerd-kry. Dis ’n coming of age-storie met Siobhán, ’n effens opstandige tiener in graad 11 as hoofkarakter. Sy verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets...
Soos ’n Don Quijote van ouds dool Renier Proot deur die Suid-Afrikaanse landskap: van ’n uitsiglose bestaan in ’n woonstel in Vereeniging en Huis Genade waar sy suster Michelle opgeneem is, tot die plaas Verstevlei in die Boland waar hy hulp en stuurjonge is vir die bejaarde Bill Andrais, tot ’n kamer in Kaapstad en ’n kroeg in Bellville. Oral op Renier se pad is daar vreemde en vlugtige ontmoetings, en sy omswerwinge raak ’n ondersoek na identiteit, maar veral na die sin van die lewe. Jaco...