Gertruidah Strydom has just lost both her parents in a freak motor-car accident. She returns home from the funeral. Alone. Yet why does she shed no tears? Why is there no grief, only utter relief? Suddenly, for the first time in her life, she is free. The family farm is hers. Only hers. Her father was a pillar of the community – hero of the Border war, successful farmer, church elder and family man. Her mother was the society darling, her tennis parties the toast of the town. Yet at night...
Op ‘n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy ‘n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma nie. Dit was Abel en Susarah Strydom. Een en dieselfde. Algeheel verskillend. Stinkryk. Brandarm. Wandelend met God. Ingehaak by Satan. Sy was nooit hulle kosbare kroonkiewietjie nie. Toe hulle haar moes...
Raaiselkind is ´n verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop versit in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam – oppasma – wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot...
'n Vrou laai vir haar 'n kind en 'n hond langs die pad op, want sy wil nie meer alleen wees nie. 'n Ma besluit om te staak omdat haar man en kinders haar slegter as 'n paradysdonkie behandel. 'n Man begin orrelles neem in 'n desperate poging om God se medelye met hom te toets, maar ontdek dat dit sy eie medemenslikheid is wat beproef word. 'n Predikant verslaaf hom aan 'n rekenaarspeletjie en verloor sy houvas op alles behalwe die geel, rooi, groen en...
Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt...