Tweelingbroers Christo en André ontdek ’n glasbotteltjie in ’n winkeltjie vol seevaartaandenkings in Houtbaai. Die eienaardige rooi gloed en die vreemde klomp syfers wat een nag uit die botteltjie stroom verander hulle ietwat vervelige vakansie by ouma en oupa eensklaps in ’n opwindende avontuur!Die derde boek wat as vervolgverhaal in KleinB, Die Burger se kinderblad, verskyn en daarna deur Tafelberg uitgegee word. Die eerste was Fanie Viljoen se Kaptein Hamerkophaai en daarna het Harlekyn, deur...
Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens . . . skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou? Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare regop laat staan en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd sal lui . . .