“Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,” bulder Ben. “U is by die grootste militêre skouspel wat die wêreld nog gesien het!” Hy stap van een kant van die arena na die ander. “Ek wil u voorstel aan ’n groep helde uit die mees verafgeleë dele van Suidelike Afrika. Hulle het onverdrote in die oorlog geveg – en hulle doen dit vandag weer. Dié keer vir u plesier.” Hy word luid toegejuig. Dan verskyn daar uit die stof en rook ’n stil figuur. Agter hom huiwer ’n vrou en ’n agterryer wat...