Lina Spies se debuutbundel, Digby Vergenoeg (1971), is destyds bekroon met sowel die Ingrid Jonker- as die Eugène Marais-pryse. Hierdie keur is ’n erkenning en bevestiging van ’n belangrike en beleë digterskap wat oor byna 40 jaar strek. Lina Spies skryf ’n gedig wat onmiddellik as haar eie geëien kan word. Sy skryf ’n persoonlike liriek met sterk biografiese inslag waarin onder meer familiefigure en jeugherinneringe sterk figureer. Die agttal bundels bevat benewens verse oor die liefde, reis,...