’n Sensitiewe roman oor die komplekse verhouding tussen ouer en kind en die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat. Wanneer haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê het en waar haar ma se verbete stryd teen die armoede van die kampe begin het. Katrien se reis is meer as ’n herinneringstog; op die oop pad onthou sy...
Die selfmoord van haar kleintydse vriendin, Mignon, laat Maggie McKairn met meer vrae as antwoorde. In ’n brief vra Mignon vir Maggie om ’n familielid in die tronk te gaan opsoek. Bea Mostert, ’n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir ’n onvergeeflike daad. Wat het hierdie twee vroue tot sulke uiterstes gedwing – en speel die streng godsdienstige agtergrond waaruit hulle kom ’n rol in hulle lewensverloop? Maggie se soeke na antwoorde word deel van haar eie pad na...
Ná haar aftrede gaan soek Kate Jooste, met jare lange vrae in haar binneste, na Abel Marais op sy wildplaas in die Klein-Karoo. Hoe het haar Ierse oumagrootjie in hierdie dorre streek beland, en wat het alles op dié stuk grond afgespeel? Abel, ’n ambisieuse sakeman, is ook gemoeid met sy familiegeskiedenis: sy Hugenote-herkoms lei hom na die Franse platteland, waarna hy hom vestig op ’n stuk grond digby sy oupa se plaas van vroeër. En dan is daar Tinneke le Grange, ’n gastehuiseienaar en weduwee...
Corinne Prinsloo, ’n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in ’n versigtige eierdans rondom mekaar. Wanneer Deon, 'n oudpasiënt, haar nader om saam met hom ’n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor ’n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon ’n laaste maal terug na...