Hierdie boeiende, interessante roman speel hoofsaaklik af teen die agtergrond van die ekonomiese omwentelinge ná 1994 en gaan oor twee vennote, John Heckrodt en Herklaas Pretorius – vanaf hul jare as boere en jagters in die ou Suidwes tot by hul ondernemings as entrepeneurs in die nuwe Suid-Afrika: die jagveld het net verskuif na die ekonomiese sfeer. Die sagmoedige reus Pretorius raak verteenwoordigend van die immer ongemaklike posisie van die post-kolonis in Afrika, gebrandmerk deur sy kleur...