Jesus Christus en ons lewe in Hom is ’n sistematiese, evangeliese leerstelling oor die Persoon en werke van die Here Jesus. Die skrywer wil gelowiges help om aan die hand van beter kennis weerstand te bied teen die stygende vloedgolf van teologiese dwalinge oor wie Jesus Christus werklik is. Hy wil lesers ook help om die ware Christus van die Skrifte te ontmoet, as hulle Verlosser aan te neem, en ’n persoonlike verhouding met Hom op te bou.
Baie min mense weet wat die sewe feeste is waarvan daar in Levítikus 23 gepraat word. Ons weet van paasfees en pinkster, en ons het dalk al van die loofhuttefees gehoor. Maar wat is dit werklik en waarna verwys dit? In Die sewe feeste verduidelik Johan Malan wat hierdie sewe feeste is asook watter geweldige belang dit vir elke gelowige inhou. Die nuus wat dalk vir mense verbasend mag wees is dat hierdie sewe feeste nie net vir Israel belang inhou nie, maar vir elkeen van ons! Want hierdie sewe...
Ons is almal op ’n reis na die ewigheid. Die pad wat ons loop is besaai met versoekings. Om heilig te leef is ’n uitdaging. Dit kom nie maklik nie en dit gebeur nie vanself nie. Tog roep die Here alle gelowiges op tot heiligmaking. Hoe doen ’n mens dit? Deur die krag van die Heilige Gees is dit moontlik om gehoorsaam te wees aan hierdie opdrag en die wil van God te doen. Hierdie boek oor heiligmaking wys jou hoe. Dit bespreek al die verskillende aspekte van heiligheid sodat die gelowige toegerus...