Was daai ’n spookskip wat jy verlede somer vanaf jou handdoek op St James-strand gesien het net ná jy die sand uit jou oë gevee het?Waarom wil Melbourne-rampokkers die goue seuns van Springbokrugby lewend of dood uit die span gehaal kry?Is dit sleg om lekker te voel as jy ’n vermeende verkragter se ******* met agt kilogram yster pap gemoker het? Vir antwoorde op dié en talle ander tergende vrae sal jy Louis de Villiers se adrenaliengedrewe, onthutsende debuutroman moet lees. Hier is drama,...