Elke reis het ’n storie en elke storie is ’n reis. Want wat is ’n reis? Dis sekerlik wanneer ’n mens van A na B beweeg, ’n tog van een plek na ’n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer ’n mens een plek en ’n ander plek? En hoe definieer ’n mens “beweeg”? Konvensioneel gesproke beweeg ’n mens met die een of ander vorm van vervoer. Van voete tot fietse tot treine tot viertrek-voertuie tot vliegtuie. Soos jy aanskuif, gebeur dinge langs die pad. Word jy blootgestel aan ander plekke, mense,...
Watter soort pad is ’n hartepad? Is dit bloot ’n pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ’n mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul Theroux het gesê “travel is glamorous only in retrospect”), maar wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi en betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het. Elke verhaal in hierdie bundel is ’n reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe nie – dit neem jou op ’n emosionele reis...