Siegfried Landman is iets in die dertigs. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op ‘n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan, op ‘n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al ‘n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat ‘n meermin is in die see. Dit word ‘n magiese reis, wat begin met ‘n besoek aan ‘n boeregesin op nog ‘n afgeleë plaas in...
Coenraad de Buys is die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêreld-uit. Vanaf die Langkloof swerf die legendariese Buys deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Buys is trekboer, grootwildjagter, Khula die Grote, Koning van die Basters, sewevoet-rampokker, veelwywer en pes van die owerheid. Oral verwek hy kinders; oral sluit rowers en weglopers by hom...
Coenraad de Buys was the most dangerous man around in the Cape of the late 1700s. At eight he crossed his first frontier and left his mother’s house behind. Left his home (the first of many); left the Cape; left civilisation. From the Langkloof, Buys roves – a giant, a legend, polygamist and swindler; the bane of government, father to chieftains and a Buysvolk of his own. Everywhere his wild oats are sown; everywhere renegades and criminals join his band of outcasts. He interprets between Xhosa...
Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.