Dulcie-Anne Douglas is ’n miljoenêr – op skrif. Twee jaar gelede toe haar man oorlede is in ’n treinongeluk, het sy in ’n japtrap vir haar en die kinders ’n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke. Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. ‘n Tong-in-die-kies roman deur die skrywer van KROES en DIE VAL VAN DIE DICE. Stamatélos skeer die gek met wit, met bruin, met swart. ’n Eg satiriese roman wat ’n mens uit jou maag laat skater,...
Max is portier by Strubenhof Hospitaal. Hy is onlangs gediagsoneer met obsessief-kompulsiewe gedrag, waaroor hy baie selfbewus is. Die enigste manier om beter te word, sê sy terapeut, is om portier te word, by ’n hospitaal . . . En so begin ’n heel nuwe lewe vir Max – tussen eksentrieke pasiënte en nog meer eksentrieke personeel . . . ’n Splinternuwe roman deur die skrywer van die blitsverkopers Kroes en Die val van die dice.
Enkele maande ná Laki Pappasani se dood, trou Pattie Peters met sy broer. Hy lyk dan op ‘n naat na Laki, en is so besorg oor haar dat sy nie anders kan as om aangetrokke tot hom te voel nie. Maar soos die dice val, is Laki se broer nie van dieselfde stoffasie nie. Negentien jaar en vier kinders later, besluit Pattie vir die soveelste maal sy moet uit, weg uit hierdie huwelik wat haar tot in haar wese vernietig, maar waarnatoe? Dié opvolg van Kroes lig die gordyn op so ‘n donker, tragiese lewe,...
Pattie Peters is vir die eerste keer in haar jong lewe smoorverlief. Op ‘n mooi – en ‘n goeie – man. Sy naam is Laki Pappasani en hy wil graag met haar trou. En sy met hom. Maar wat sal haar anties sê? En wat van haar pa en al die ander mense? Want Laki is dan ‘n wit man. En sy? Sy’s eintlik ‘n coloured girl van die Strand …
In hierdie vervolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer.Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar...
Hy weet wat dit is, hierdie stapel getikte velle papier in ’n laai weggesteek. Hy het ’n bladsy of tien gelees. Hier en daar. Genoeg. Dit is sy vrou se gesprek met die sielkundige, dit weet hy. Party van die goed herken hy. Maar. As hy sy oë toemaak, sien hy die siedende waters van ’n donker rivier. Sy vrou in die onverbiddelike werwelings van ’n duistere geweld. Nou weet hy daardie donkerte het ’n naam. Die naam is Pastoor. Pat Stamatélos vertel op ’n skreiend aangrypende wyse die ware verhaal...