Byna almal glo dat ‘rykdom’ te make het met hoeveel besittings, status en mag ’n mens het. En dat jou lewe gejaagd en verwikkeld moet wees om te tel. Maar hoe leeg en arm laat dit jou uiteindelik innerlik? Daarom vra Willem Nicol of daar nie groter rykdom in die teenoorgestelde rigting lê nie: in ’n alternatiewe leefstyl en waardestelsel van eenvoud. Die rotteresies het ’n gepaste simbool vir ons tyd geword: ’n mal gejaag … waarheen? Gelowiges, veral, kan besluit om hul lewe te vereenvoudig,...