Die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en 'n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare, vir die eerste keer vertel deur iemand wat self daar was: Willie Esterhuyse. Dié vertroulike gesprekke in Engeland was nie net deurslaggewend in die begin van onderhandelinge en die uiteindelike oorgang nie; dit was ook die begin van 'n onwaarskynlike, maar durende, vriendskap tussen 'n Stellenbosse professor met 'n Broederbond-agtergrond en...
Dis 1984. PW Botha is desperaat. As Nelson Mandela in die tronk sterf, gaan die land ontplof. Mandela, Prisonier 913, weet dat 'n vryheidstryd se uitkoms afhang van of daar met «die vyand» gepraat word. Kobie Coetsee, minister van justisie, weet dat 913, amptelik 'n gevaarlike gevangene, 'n belangrike leier is wat dringend vrygelaat moet word. In opdrag van Botha begin die enigmatiese Coetsee in die geheim met Mandela praat, die eerste uit die NP om dit te doen. Hulle word...