Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood – alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom ’n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op ’n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel...
Afstande is ’n aksiebelaaide reisavontuur vol ontdekkings, uiterste ervarings en hand-tot-hand-gevegte, dit is ’n verhaal van verraad en broedermoord, bevolk deur waarsêers en hekse, fanatiese profete en hul kranksinnige profesieë, voetsoldate wat leef van varkbloed en asyn, mense wat elke dag begin met die slag van ’n offerdier.
William van Reede van Oudshoorn is ’n goewerneur se seun, met ’n belangrike plek in die Kaapse regering. Sy lewe is ordelik, aangenaam, welgesteld, met sy woning, Saasveld, ’n paar goeie vriende en sy groeiende kosmopolitiese dorpie. Toe bring die see hom iets wat hy lank ontbeer het: die liefde van ’n vrou. Maar in die winter van 1795 breek storms oor die land, waarin William veel verloor wat hy gedink het syne was. Behalwe sy volgehoue verset teen verraad en vreemde oorheersing. Dan Sleigh...
Sanlam/Insig/Kwela Groot Romanwedstryd (2001), WA Hofmeyr-prys (2003), RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2003), M-Net-prys vir skeppende werk in Afrikaans (2004), Helgaard Steyn-prys (2004). EILANDE is méér as net 'n boek. Dis 'n magistrale roman, 'n oerteks wat saam met die Dagjoernaal van Jan van Riebeeck gelees behoort te word. Dis eintlik 'n gebeurtenis wat 'n andersmaak bring vir elkeen wat dit onder hande neem. Maar dis ook 'n helder boek. Dit sê vir jou in...