’n Heruitgawe van twee van Eleanor Baker se verhale. Hierdie twee verhale, uitgegee onder haar eie naam, handel oor mense wat liefde vind op onverwagte plekke. In Die Nes kruip Karoline diep in haar gedagtewêreld vir die werklikheid weg ná ’n traumatiese ervaring. Dokter Duson moet ’n manier vind om haar uit haar veilige nes te lok, sodat sy weer kan leer om te lewe, om lief te hê. In Wêreld sonder einde word mevrou Bildendyk se lewe totaal ontwrig wanneer ’n swaargewonde bendelid op haar...
In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met ’n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van ’n stadsgesin wat bestaan uit ’n vergeetagtige ma, ’n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul “Hollandse” hond, ’n huishulp wat presies weet wat sy wil hê en ’n buite-aardse beskermengel met ’n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met ’n glimlag, baie van hom/haarself. “Ek het jou al vertel van my naam,” sê Iris, die sentrale figuur in...
Die verhaal van Lize Bergen, ’n Suid-Afrikaanse meisie wat vanweë siekte ’n lang tyd in ’n sanatorium in Europa deurbring en liefde vind in die proses om haar met haar siektetoestand te versoen. ’n Besonderse liefdesdrama wat veel dieper as die oppervlak gaan.