In hierdie boek word ’n baie gewilde skrywer se lekkerlees-kortverhale vir die eerste keer byeengebring. Hier is ’n ryke verskeidenheid stories, onder meer oor geleenthede soos Kersfees, Vadersdag, ensovoorts, en liefde – in sy vele fasette uitgebeeld – is die gemene deler. In al die verhale is Irma Joubert se fyn waarnemingsvermoë merkbaar, asook haar intieme kennis van en deernis met haar karakters.
Kronkelpad is die derde boek in die trilogie waarvan Anderkant Pontenilo en Pérsomi die eerste twee is. Die verhaal speel af in die jare 1938–1960, met die slot in 1986.Lettie Louw (Klara se slim vriendin uit Pontenilo en die dokter wat in Pérsomi in die hofsaak getuig) en Marco Romanelli (Antonio se aantreklike broer wat in Italië in ’n Joodse kamp beland het in Pontenilo) is in hierdie boek die hoofkarakters.Lettie se vriendinne raak almal verlief op aantreklike mans en trou die een na die...