Haar pa se hand om die glas, dit onthou Carli beter as sy gesig. Tog is haar lewe op Grootvlei in haar geheue ingebrand: die donker plaashuis, kleintyd se spoke. Alleen by die rivier het Ma Bella stories vertel. Eendag-op-'n-reëndag, het sy gesê, gaan ons vir my familie kuier, tante Sophia en neef Allesandro, in annerland wat soos 'n stewel lyk. Maar nou lê Ma Bella in die kerkhof, en haar pa in die kroeg. Dora van anderkant die grootsloot sorg vir Carli totdat Oudominee en die vrou...
Toe fluister die engel dringend in my kop. Die tyd loop uit. Jy moet gou speel. Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die ongenaakbare wêreld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Ná haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit: stemme klink op die wind uit die kameeldoringbos, en sy bevind haar in 'n ondenkbare situasie: dis sý wat die bedreiging is. Versoening kom op onverwagte wyses: dis in die suidoos langs die...
Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die Witlokasie moes gaan woon, toe was alles verby. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom – Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met ’n halwe Duitser te trou en landuit te vlug – maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en...