Hans Meintjies woon saam met sy ma en broer in Bishop Lavis. Bedags vleg hy rottangmandjies by die Civilian Blind Society in Soutrivier, en saans droom hy van teruggaan skool toe, van iets máák van sy lewe. Een oggend op pad werk toe help ’n blondekop-vrou hom oor Voortrekkerweg, nog voor hy ’n woord kan uitkry. Dit neem nie lank voor hy en die blondekop vriende raak nie. Erika moedig hom aan om lid te word van die plaaslike rolbalklub vir blindes. En in ’n oogwink verander Hans se hele lewe . ....